Hoe installeer jy TireGuard TPMS?

Stap-vir-stap instruksies om jou Tireguard TPMS op te stel.

Die monitor se battery is reeds vol gelaai.
Die rapporterings eenhede is reeds omgeskakel van Amerikaans na desimaal.

1) Installeer batterye in die sensors:

  • Draai die swart doppie van die sensor af en druk die battery onder die blink plaatjie in met die plat + kant bo.
  • Maak die rand van die doppie effe nat en skroef stewig vas. Die sensor is nou waterdig.
  • (Maar WAG eers!: Moenie nou-al die sensors vassdraai nie. Die normale drukking van elke wiel moet eers ingestel word op die Monitor.)

2) Skakel Monitor aan. Druk die Middel Knoppie.

  • Ons is nou in die Monitor Modus.
  • Die skermpie wys:
  • Die buitelyn van 'n voertuig. Die posisie/wiel links voor is donker gemerk.
  • U sien _ _ _ Bar op die boonste lyn.
  • As u die knoppie Regs aanhoudend druk, sal die _ _ _ Bar verander na _ _ _°C vir die wielposisie links voor.
  • Die merker sal dan skuif na die posisie/wiel regs voor. Dit wys Bar en dan °C.
  • Die Monitor Modus is die skerm wat u sal sien wanneer u bestuur.
  • Dit sal die motor se wiellesings wys na die volle installeringsproses in die volgende paar stappe:

3) Stel Normale Druk:

  • Druk en houvas middelste knoppie tot dit piep.
  • Dit is die Stel Modus.
  • Linker voorwiel stelling wys waarskynlik 8 bar.
  • Verander na 0.1 bar laer as die korrekte druk vir die spesifieke band.
  • bv. indien die normale druk vir die voorwiel 2 bar is, stel dit na 1.90 bar.
  • Druk Links en houvas om die drukking vinnig te verlaag.
  • Dan Regs om met 0.01 bar inkremente terug te gaan nadat u verby is.
  • Indien u op die syfer kon stop, is u seker 'n videospeletjie kampioen.
  • Druk dan weer middel om aan te beweeg na die regter-voorwiel. Sal moontlik 8 bar wys, verminder ens.
  • Verstel met Links en Regs.
  • Druk weer verskeie kere die middel om af te beweeg na waar u die ander wiele wil plaas.
  • Houvas dan weer middel tot die piep om uit "Stel Modus" te gaan. (U is nou terug in Monitor Modus)

4) Registreer Eksterne wielsensor op die monitor:

  • Verwyder die doppies van die wielkleppe en maak skoon met 'n lap.
  • Geen doppies nie? Oorweeg om nuwe kleppe aan te skaf.
  • Kyk dat daar nie skade aan die rand van die kleppe is nie. Dit moet van nou af die lug binne hou.
  • Skaf sommer terselfdertyd die kortste kleppe aan.
  • Meet die banddruk koud met 'n betroubare meter en verstel na wat u dit verkies.
  • Neem in ag dat vervaardigers hoër druk spesifiseer as wat nodig of gemaklik is, net om aan die veilige kant te wees.

5) Aktiewe sensors word nou op die monitor geregistreer:

  • Druk en houvas Links en Regs saam tot die piep.
  • Die skerm wys drie strepies, die LED skyn Rooi en die linker voorwiel posisie flikker.
  • U is nou in die Leer Modus.
  • Draai 'n sensor op die linker voorwiel se klep. ('n Bietjie spoeg op die klep beskerm die rubberseël).
  • (Of pomp nou die wiel met die Interne Sensor.)
  • Wees versigtig, jy het nou baie meer hefboom as op 'n gewone stofdoppie.
  • Die LED behoort na 'n paar sekondes Groen te skyn en die skerm 'n lesing te wys. Waarskynlik so 0.1 bar onder die regte druk.
  • Moenie bekommer oor die verskil nie. Verduideliking volg later.
  • Ek toets alle sensors en elke stel kry sensors wat ongeveer dieselfde lesing gee.
  • Kyk dat die sensors nie teen die wiel kan kap as dit skud op 'n slegte pad nie.
  • Indien wel, laat korter of metaal klephouers insit.
  • Druk dan een keer Regs om na regter voorwielposisie te skuif. Draai sensor op.
  • Druk Regs verskeie male om af te beweeg na die posisie waar u die linker agterwiel opgestel het in die Set Modus. Draai sensor op. Ensovoorts.
  • Druk eenmaal Regs en draai Regs Agter se sensor vas.
  • En hou so aan indien jy ook 'n sleepwa opstel. (Jy kan altyd later meer sensor posisies byvoeg.)
  • Houvas Regs en LInks gelyktydig tot die piep, om uit te gaan.
  • U is nou terug in Monitor Modus.
  • Slegs posisies met geïnstalleerde sensors sal nou wys.

6) Interne Sensors word deur 'n bandeplek installeer.

  • Staan gereed met die monitor in 'Leer Modus' (rooi liggie) wanneer die band opgepomp word.
  • LED liggie word groen sodra die sensor registreer.
  • Wanneer die volgende band gereed is om opgepomp te word, Druk Regs om na daardie wiel/posisie te beweeg.
  • LED word groen sodra sensor registreer.
  • Wag totdat die volgende band gereed is om te pomp, skuif regs na daardie posisie en wag dat LED groen word.
  • Nadat laaste wiel geregistreer is, hou L + R to the biep om uit te gaan.
  • U is nou weer terug in Monitor Modus.

7) Plasing van die monitor:

  • Indien u van die ' Velcro ' strokies wil gebruik maak, maak eers beide oppervlaktes skoon met brandspiritus of 'n ander oplosmiddel.
  • Of plaas die monitor sommer in 'n gaatjie in die paneelbord.
  • Dit is nie nodig om die monitor dop te hou terwyl u bestuur nie. Dit piep en flikker as enige wiel se druk te laag is of die temperatuur te hoog is.

8) Notas oor Druklesings:

  • Druklesings is aan die veilige kant, gemiddeld 0.1 bar onder werklike druk.
  • Dit is normaal en binne die vervaardiger se "tolleransies".
  • Die sensors gee altyd dieselfde lesing op 'n bepaalde druk, maar is nie gekalibreer nie.
  • Gegewe lesings is nou normaal vir u voertuig.
  • Indien 'n sensor te ver uit is na u mening, ruil dit om met een van u spaar sensors,
  • Of stuur dit terug vir 'n nuwe een, met 'n nota van die variasie van u ander sensors.
  • Ek toets dat alle sensors werk oor 'n afstand van 20m (met lugdraad ingedruk) en groepeer hulle vir gelyke lesings.

9) Om 'n sensor se posisie om te ruil of te "reset":

  • Hou Links en Regs tesame tot die piep. (om na Leer Modus te gaan)
  • Druk Links of Regs om by die regte posisie te kom.
  • Hou vas middel knoppie tot die lesing verdwyn en die LED Rooi word.
  • Draai 'n nuwe sensor op. Die monitor piep, LED word Groen en 'n lesing wys.
  • Houvas Links en Regs tesame tot die piep, om uit Leer Modus te gaan. (U is nou weer terug in Monitor Modus.)

10) Slaap Modus:

  • Na 10 minute van geen beweging skakel die monitor af. (Slaap Modus)
  • Dit skakel weer aan met die geringste beweging, maar die lesings wat dan wys is die laaste ontvang voor afskakeling.
  • Nuwe lesings verskyn soos die sensors veranderings rapporteer.
  • Die sensor stuur slegs 'n verslag indien die lesing noemenswaardig verander het.

11) Antwoorde op Algemene Vrae:

  • Moenie die monitor gekoppel laat aan die laaier nie, aangesien meeste sigaretaanstekersokke afskakel saam met die enjin.
  • Die monitor sal na 'n maand of so waarsku as sy battery gelaai moet word.
  • Indien die monitor “No5” (no sensor) wys, dan het dit nie onlangs ‘n verslag van daardie sensor ontvang nie.
  • Toets werking deur daardie sensor af te skroef en na 10 sekondes weer aan te skroef.
  • Indien “Sensor” (+ battery teken) kan dit beteken dat die sensorbatterye pap raak.
  • Indien die TireGuard monitor "No 5" (no sensor) of “sensor” (+ battery teken) wys vir 'n karavaan wiel, kan dit beteken dat die radiosein versper word.
  • Verbeter opvangs deur die lugdraad uit te trek. (Moenie aan die blink metaal van die lugdraad raak nie. Dit is sensitief vir statiese elektrisiteit.)
  • Toets werking deur 'n karavaan wiel se sensor af te skroef.
  • Dit kan ook help om die monitor hoog te monteer. Dalk op sy kant bokant truspieëltjie.
  • 'n CR1632 Lithium-Mangaan batterye is 3.3+ Volt nuut.
  • Vervang indien dit onder 3.1 Volt lees.
  • Tireguard sensors werk heel goed op standaard rubber klephouers solank hulle nie teen die wiel kan kap as dit skud nie. (Soos op sinkplaatpad).
  • Gebruikers wat gereeld slegte paaie ry, kan 'n tweede klep in die wiel laat insit vir die sensor om dit uit die pad van klippe en takke te hou.
  • Let net op die ruimte wat die remblokke benodig, veral op die voorwiele.

Veilige Reis!